Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Halfmens " deur DONALD RIEKERT
"Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116850] Do, 10 April 2008 15:20 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
HALFMENS
Donald Riekert

Al raad my Ou Tata
Die jong Nama-meisie se
heuningoë val verskrik ver
son oor Aughrabies se val
Waterslang se lek-lek tong
het sommer nou-nou geel mal-
kop-blom op my hakslag gelê
Ek hardloop opslag teen die
kliprant en my lippe skuim
soos ek die rooison soebat
dat Halfmens sy geel blom
oor my oë draai Dis al genade
Trek waterslang bang-bang
terug en soek in die blinkwater
'n ander vrou
Re: "Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116853 is 'n antwoord op boodskap #116850] Vr, 11 April 2008 10:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:b2aaa20a-4971-4beb-9db8-ba346044967d@n14g2000pri.google groups.com...

Dis reg Gloudina - Lyk my jy is uiteindelik op die regte pad

Halfmens - Ou Tata - Kan seker maar net Sipho wees
Re: "Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116857 is 'n antwoord op boodskap #116850] Sa, 12 April 2008 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jakkals  is tans af-lyn  Jakkals
Boodskappe: 8
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Hessie wrote:
> HALFMENS
> Donald Riekert
>
> Die jong Nama-meisie se
> heuningoë

> ... en my lippe skuim
> soos ek die rooison soebat

Dit is eintlik nie maklik vir my om dit te erken nie (o, ek is dom, wat
'n skande), maar ek waat nie eintlik waaroor die gedig gaan nie. Ek hou
van die beelde wat bg. frases in my wakker maak, maar die gedig as 'n
geheel maak nie vir my sin nie.

Voorheen het ek baie makliker agter die kap van die byl gekom met
gedigte, maar ek sukkel in die laaste tyd. En ek wonder of dit is omdat
ek nou in kultuur leef wat 'n ander taal gebruik. Of miskien is dit
omdat die enigste Afrikaanse gedigte wat ek raakloop is wat ek soms op
hierdie nuusgroep sien, en Hessie plaas 'n meer abstrakte tipe van gedig?

In elk geval, as iemand vir my 'n bietjie kan verduidelik waaroor
Halfmens gaan sal ek dit waardeer.
Re: "Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116859 is 'n antwoord op boodskap #116857] Sa, 12 April 2008 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jakkals skryf

Ek hou
> van die beelde wat bg. frases in my wakker maak, maar die gedig as 'n
> geheel maak nie vir my sin nie.
> In elk geval, as iemand vir my 'n bietjie kan verduidelik waaroor
> Halfmens gaan sal ek dit waardeer.

Jakkals, volgens HAT is "halfmens" die vetplant
" Pachypodium namaquanum " wat aangetref
word in Namakwaland en Namibië, met 'n dik
onvertakte stam wat tot 2.4 m hoog word en die
plant op 'n afstand effens na 'n mens laat lyk.
Dus ietwat soos Lot se vrou, is die gedagte
dat die halfmens versteen daar staan, op vlug
vir iets vreesinboesemend wat gebeur het.
Donald Riekert se kort gedigte maak staat
op gevoelstate wat opgewek word deur vinnige
maar soms duister beelde wat saamgegooi
word, en somtyds ook deur geen leestekens
te gebruik nie, sodat die gedig sommer net
so uit die lug gepluk voel. Jy moet dus
vertrou dat die gevoelens wat die gedig in
jou opwek, die effek is wat Riekert wil
bereik.
Dis natuurlik duidelik dat Riekert
se verwysingsraamwerk die pre-koloniale
noordelike deel van Kaapland betrek. Maar
dis baie spesifiek. Dit praat van die Nama-
meisie. Dit praat van Aughrabies met al
sy legendes van slange wat in die rivier
lewe en wat agter jong meisies aan is.
Wat NP van Wyk Louw met "Raka"
gedoen het, dink ek Riekert bereik hier
met "Halfmens."

Gloudina
Re: "Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116860 is 'n antwoord op boodskap #116857] Sa, 12 April 2008 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jakkals skryf

> Voorheen het ek baie makliker agter die kap van die byl gekom met
> gedigte, maar ek sukkel in die laaste tyd. En ek wonder of dit is omdat
> ek nou in kultuur leef wat 'n ander taal gebruik. Of miskien is dit
> omdat die enigste Afrikaanse gedigte wat ek raakloop is wat ek soms op
> hierdie nuusgroep sien, en Hessie plaas 'n meer abstrakte tipe van gedig?

Ek wonder of jy kan verduidelik hoekom jy sê
jy leef nou in 'n kultuur wat 'n ander taal gebruik.
Verwys jy na die feit dat jy omring is met swart
kultuur, of dat jy omring is met mense wat
hoofsaaklik Engels praat? Ek is geinteresseerd
in die verskynsel. Dit lyk vir my asof Afrikaanse
mense baie geredelik verengels. En dit lyk vir my
hoe meer stoereboer, hoe vinniger verengels hulle.
Ek vind my ook erg ge-irreteer deur die kwistige
manier waarop die Afrikaanse intelligentsia
Engels by hulle Afrikaans ingooi. Mens sou dit
verwag by mense wat lankal uit die land weg is.
Maar soms lyk dit vir my dat mense uit die
diaspora 'n suiwerder Afrikaans praat as die
mense in SA.
Toe ek in SA taalkundige student was,
het een van my professore vir my gesê dat die
mense in my geweste ( Kakamas en die
eilande van die Oranje) 'n ryker Afrikaans
praat as meeste van die ander dele van SA.
Sy uitleg was dat mense wat uit die Boland
deur Namakwaland en Boesmanland na die
noorde uitgewyk het, meer geisoleer was en
dus woorde behou het uit die oorspronklike
Diets, wat uit die res van Afrikaans verdwyn
het. ( Dieselfde ding ongeveer het hier in
Kanada gebeur met sewentiende eeuse
Frans. Die Akadiërs van die ooskus het 'n
baie groter woordeskat as moderne Frans.)

Gloudina
Re: "Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116861 is 'n antwoord op boodskap #116859] Sa, 12 April 2008 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jakkals  is tans af-lyn  Jakkals
Boodskappe: 8
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Hessie wrote:
>
> Jakkals, volgens HAT is "halfmens" die vetplant
> " Pachypodium namaquanum " wat aangetref
> word in Namakwaland en Namibië, met 'n dik
> onvertakte stam wat tot 2.4 m hoog word en die
> plant op 'n afstand effens na 'n mens laat lyk.

Slaat my met 'n plat vis, ek sou NOOIT aan hierdie verklaring gedink het
nie.

Dankie vir die terugvoer, Hessie.
Re: "Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116862 is 'n antwoord op boodskap #116860] Sa, 12 April 2008 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jakkals  is tans af-lyn  Jakkals
Boodskappe: 8
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Hessie wrote:
> Ek wonder of jy kan verduidelik hoekom jy sê
> jy leef nou in 'n kultuur wat 'n ander taal gebruik.

Ek woon in Wisconsin. Afrikaans is taamlik skaars in hierdie geweste.

Jy het waarskynlik al van die "Sapir-Whorf hypothesis" gehoor. Soos wat
ek hierdie hipotese verstaan, bepaal 'n mens se taal hoe hy dink. As
daar sekere begrippe is waarvaar daar nie woorde in die taal is, en jy
is net daai een taal magtig, dan is daai begrippe vir jou vreemd.

Ek verstaan dat wetenskaplikes vandag glo dat hierdie hipotese nie baie
water hou nie. Nogtans dink ek dat dit wel waar is vir rekenaar tale en
programmering.

En soverre dit mens tale betref, hou ek myself dop. Begin ek nou anders
te dink omdat ek amper totaal omring is met Engels? En dit is hoekom ek
die retoriese vraag bo aan hierdie pos gevra het.
Re: "Halfmens " deur DONALD RIEKERT [boodskap #116863 is 'n antwoord op boodskap #116862] Sa, 12 April 2008 22:19 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jakkals skryf

> Ek woon in Wisconsin. Afrikaans is taamlik skaars in hierdie geweste.
>
> Jy het waarskynlik al van die "Sapir-Whorf hypothesis" gehoor. Soos wat
> ek hierdie hipotese verstaan, bepaal 'n mens se taal hoe hy dink. As
> daar sekere begrippe is waarvaar daar nie woorde in die taal is, en jy
> is net daai een taal magtig, dan is daai begrippe vir jou vreemd.

Ha, ha! Ek moes onthou het dat jy die persoon
is wat uit die Middelweste iemand oor die vingers
getik het wat gesê het dat Kanada so koud was
en die VSA nie.
Wel, ek neem aan dat jy sal vind dat jy anders
dink as die mense om jou omdat jy ook in Afrikaans
dink en dit gee jou meer soepelheid as vir die mense
wat net eentalig is om jou. Mens moet egter in ag
neem dat die mense van Wisconsin heelwaarskynlik
baie meer Skandinawiese bloed in hulle are het as
sommige ander dele van die VSA, en dat hulle effens
anders "dink" as mense sê byvoorbeeld in Noordelike
New York staat, wat weer die Hollandse voorvader-
bloed in hulle are het.
Ek luister nou die dag na 'n pianis wat vertel
dat sy 'n vergelyking sien tussen die Duitse manier
van praat ( waar die grootste deel van die werkwoord
eers aan die einde van 'n lang sin kom) en die manier
van Beethoven om jou omtrent twintig minute vantevore
al voor te berei vir iets wat eers baie later tot vervulling
gaan kom in die musiek. Sy sê sy berei haarself voor
deur Thomas Mann in Duits te lees. Ek dink Afrikaans
( soos ander Germaanse tale) is dieselfde. Dis een
van die tekens dat jou Afrikaans nie goed is nie,
as jy die ge-gedeelte van die werkwoord te vroeg
inbring.

Gloudina
Vorige onderwerp: 6 April 1652
Volgende onderwerp: " Broers " deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 13:16:33 MGT 2024